73ste Oscar-toekenningsaand

  73ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 25 Maart 2001
Plek Shrine Auditorium,
Los Angeles
Aanbieder Steve Martin
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Gladiator
Meeste pryse  Gladiator (5)
Meeste benoemings  Gladiator (12)

Die 72ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 2001 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2000. Steve Martin was die aanbieder en hy is vir ’n Emmy benoem daarvoor. Dit was die laaste keer dat die seremonie in die Shrine Auditorium in Los Angeles gehou is.

Gladiator het twaalf benoemings gekry en vyf Oscars gewen, onder meer vir beste rolprent. Crouching Tiger, Hidden Dragon het 10 benoemings gekry en Traffic en Erin Brockovich vyf elk. Crouching Tiger, Hidden Dragon het ’n rekord opgestel vir die buitelandse prent wat die meeste benoemings nog ontvang het, en het Fanny and Alexander se rekord van vier Oscars geëwenaar.

Björk het die seremonie bygewoon in ’n rok met ’n vals swaan om haar gedrapeer. Dit het groot reaksie ontlok en gelei tot verskeie aanmerking deur die Oscar-deelnemers.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy